Nuus 16:00
BULLETIN 15 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Matlala se getuienis word uitgestel tot September
# ‘n Vakbond vra die regering om een-duisend-400 dokters in diens te neem
# En rugby: Vusi Moyo is vol vertroue en gereed om sy buiging vir die Bokke te maak
# Die omstrede sakeman Vusimusi “Cat” Matlala sal in September voor die Madlanga-kommissie getuig. Dit volg ná ‘n hewige woordewisseling tussen kommissarisse en sy regsverteenwoordiger, Annelene van den Heever, rakende versoeke vir meer tyd om dokumente van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie te bestudeer. Getuienisleier Mahlape Sello het ingestem tot die uitstel, maar waarsku verdere herhaalde vertragings sal die kommissie se werk ontwrig. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het die uitstel goedgekeur:
# Die Soil of Africa-beweging steun samewerking tussen die regering en tradisionele leiers om ‘n einde te bring aan voorkombare inlywing-sterftes, onwettige inlywingskole en misdadigheid wat met hierdie heilige, kulturele praktyk verband hou. Drie-en-veertig seuns is reeds tydens die winter-inlywingseisoen dood. Die beweging se woordvoerder, Luzuko Sofute, sê die tradisionele gebruik moet altyd die grondwetlike reg op lewe, waardigheid, gesondheid en veiligheid verseker:
# Die vakbond SAMATU vra die regering om dringend ongeveer een-duisend-400 werklose dokters in diens te neem, en sê openbare gesondheidsorg-geriewe bly kritiek onderbeman. Hoofsekretaris Cedric Sihlangu sê vertragings met die aanstelling van gekwalifiseerde dokters vererger die druk op die gesondheidstelsel. Hy verwerp bewerings dat dit weens begrotingsbeperkings is en voer aan befondsing word toegeken, maar word dikwels deur provinsies herlei. Sihlangu sê die aanstelling van werklose dokters sal gesondheidsorgdienste versterk en pasiëntesorg verbeter.
# Die Mededingingskommissie het aanbeveel dat die Mededingingstribunaal Harith Aviation se voorgestelde oorname van Safair Holdings goedkeur, onderhewig aan sekere voorwaardes. Safair is die eienaar van die laekostelugredery FlySafair, terwyl Harith ’n infrastruktuur-beleggingsfirma is met belange wat die Lanseria-lughawe in Gauteng insluit. Volgens die kommissie sal die voorwaardes poog om die onbehoorlike uitruil van inligting te voorkom en verseker lugrederye het regverdige, redelike en nie-diskriminerende toegang tot lughaweverwante goedere en dienste. Die tribunaal sal nou die voorgestelde samesmelting oorweeg.
# Rugby: Die twintigjarige losskakel, Vusi Moyo, erken dit was onwerklik om te hoor dat hy Saterdag sy Springbok-buiging in Durban sal maak. Hy is een van vier nuwelinge wat teen Wallis gaan speel in die derde ronde van die Nasieskampioenskap. Moyo se senior beroepsbuiging was verlede jaar vir die Haaie in die Curriebeker, en hy het vanjaar sy eerste Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Zebre gespeel. Hy sê hy is gereed vir Saterdag:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-38-sent teen die dollar, 18-rand-69-sent teen die euro en 21-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-598-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-37-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 84-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….