Nuus 16:00
BULLETIN 14 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Koning Misuzulu bepleit respek vir immigrasiewette tydens bilaterale gesprekke met Zimbabwe
# Duisende Malawiërs is steeds gestrand voor hul land se konsulaat in Johannesburg
# En SA Rugby gaan sy kaartjiepryse hersien ná vanjaar se toetsseisoen
# Die AmaZulu-koning, Misuzulu kaZwelithini, bepleit respek vir Suid-Afrika se immigrasiewette en sê gedeelde kulturele en geskiedkundige bande in Suider-Afrika behoort nie onwettige migrasie te regverdig nie. Die koning het tydens ‘n amptelike besoek aan Zimbabwe aan president Emmerson Mnangagwa gesê Afrika-identiteit oorskry landsgrense, maar soewereine nasies het die reg om hul immigrasiewette af te dwing. Hy beklemtoon sy eie toegang tot Zimbabwe het wettige stappe vereis, en voeg by grensbeheer moenie met xenofobie verwar word nie.
Duisende Malawiese burgers kamp intussen steeds buite hul land se konsulaat in Woodmead, Johannesburg, waar hulle hoop om terug te keer huis toe te midde van voortdurende spanning gemik op buitelanders. Die internasionale redakteur van The Continent, Simon Allison, sê baie is gedokumenteerde migrante wat uit hul huise in Gauteng en die Vrystaat gevlug het. Hy sê hulporganisasies en vrywilligers voorsien voedsel, gesondheidsorg en vervoerbystand, maar hulpbronne word toenemend uitgeput namate meer mense opdaag.
# Die Motorbedryf-personeelvereniging vra dat munisipale bestuurders, burgemeesters en raadslede persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir onbetaalde pensioenbydraes wat deur munisipaliteite verskuldig is. Volgens die vakbond skuld munisipaliteite werkers na raming 1,7-miljard-rand nadat hulle nie geld wat van werknemers se salarisse afgetrek is, na pensioenfondse oorbetaal het nie. Phakamile Hlubi-Majola van MISA vra wetstoepassingsagentskappe om diegene wat verantwoordelik is, te ondersoek en te vervolg:
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra die Departement van Basiese Onderwys om dringend te keer dat onderwysers openbare skole verlaat. Onlangse verslae toon ‘n toenemende uittog vanaf openbare skole weens toenemende misdaad, onvoldoende hulpbronne en verslegtende werksomstandighede. Claude Naicker van die vakbond sê wanneer ervare onderwysers die beroep verlaat of migreer na beter toegeruste omgewings, dra leerders die gevolge van oorvol klaskamers, kleiner vakkeuses, dalende onderwysuitkomste en verhoogde druk op oorblywende personeel:
Nou sportnuus:
# SA Rugby het bevestig hy gaan kaartjiepryse deeglik hersien ná die huidige seisoen. Dit volg op kritiek oor die koste om Springbok-wedstryde by te woon. Rugbybase moes kaartjiepryse vir die Bokke se eerste toets van die jaar teen Engeland op Ellispark verlaag ná trae verkope. Die goedkoopste kaartjies se prys is van 950- na 450-rand aangepas. SA Rugby se president, Mark Alexander, sê die doel is om die sport se finansiële volhoubaarheid te balanseer met toeganklikheid vir alle Suid-Afrikaners.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-76-sent teen die euro en 22-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-786-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-28-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 85-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….