Nuus 17:00
BULLETIN 13 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Reddingspogings duur voort nadat ‘n gebou in KwaZulu-Natal ineenstort
# Die SAPD stel ‘n eerste eenheid vir vermiste persone bekend
# En, sokker: FIFA oorweeg die moontlikheid van ‘n Wêreldbeker met 64 spanne
# Paramedici sê meer as tien mense is beseer toe ‘n gebou in eBuhleni Village in Inanda in die noorde van Durban ineengestort het. Kerk-lidmate het met reddingspogings begin voor noodpersoneel op die toneel was. Die oorsaak word ondersoek. Woordvoerder, Garrith Jamieson, sê minstens agt mense is hospitaal toe geneem voor paramedici opgedaag het, terwyl ongeveer sewe vermoedelik steeds onder die puin vasgekeer is:
# Suid-Afrika se eerste toegewese polisie-eenheid vir vermiste persone is in Kaapstad bekendgestel om reaksie oor vermiste persone te versterk. Die inisiatief is ‘n gesamentlike projek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Vervolgingsgesag, die Departement van Binnelandse Sake en die Faith and Hope Missing Persons-organisasie. Die stigter, Veranique Williams, sê die eenheid sal polisie-ondersoeke ondersteun deur opgeleide vrywilligers aan te wend, gesinne by te staan, gemeenskapsoektogte te koördineer en bewustheid te verhoog om die kanse te verbeter om vermiste persone te vind.
# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid neem kennis van oproepe vir nasionale betogings teen hom wat op sosiale media versprei word. SASSA sê dit word volgens berigte gelei deur ‘n TikTok-inhoudskepper, en sluit beplande optrede in die Wes-Kaap en ander dele van die land in. Andile Tshona van SASSA sê die agentskap respekteer die reg om te betoog en is steeds bereid om met enige belangegroepe in gesprek te tree in die beste belange van begunstigdes:
# Namibië en China het agt ooreenkomste oor infrastruktuur, energie, mynbou, landbou en ekonomiese samewerking onderteken tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan Beijing. Die Chinese president, Xi Jinping, het hom verbind tot nouer samewerking met onder meer die ontwikkeling van uraan, litium en seldsame aardminerale. Namibië is op soek na beleggings om werk te skep en sy ekonomie uit te brei. Die ooreenkomste bevorder ook plaaslike mineraalverwerking, tegnologie-oordrag en vaardigheidsontwikkeling namate die land se mynbou- en energiesektor vergroot.
# Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, sê hulle ondersoek die moontlikheid om die Wêreldbekertoernooi voor 2030 met nog 16 lande uit te brei tot 64 na dit vanjaar tot 48 vergroot is. Hy sê dit sal elke land toelaat om te droom om vir die sport se grootste geleentheid te kwalifiseer. 2030 se toernooi sal in ses lande in drie vastelande plaasvind: Uruguay, Argentinië en Paraguay in Suid-Amerika sal elk ‘n wedstryd aanbied, terwyl die oorblywende wedstryde verdeel word tussen Marokko in Afrika en Portugal en Spanje in Europa.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-35-sent teen die dollar, 18-rand-68-sent teen die euro en 21-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-578-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-63-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 78-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….