Nuus 13:00
BULLETIN 12 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Iran voer heftige missielaanvalle regoor die Golf uit
# Die polisie lê beslag op onwettige sigarette ter waarde van 3,6-miljoen-rand
# En Eskom sê sy kragprestasie het versterk
# Iran het vanoggend ‘n vlaag hewige missiel- en hommeltuigaanvalle reg oor die Golf uitgevoer, met Katar, die VAE, Bahrein en Koeweit as teikens. Hy het ook verdere aanvalle in Jordanië en Oman geëien. Dit volg op ‘n nuwe ronde Amerikaanse lugaanvalle in Iran, in reaksie op ‘n Iranse aanval gisteraand op ‘n skip in die Straat van Hormoes. Euronews in Katar berig verskeie harde plofslae het Doha geskud tydens twee vlae Iranse aanvalle, terwyl Katar se lugverdediging verskeie Iranse missiele bo die hoofstad afgeskiet het.
# Die ANC-jeugliga het opnuut versoek dat die Openbare Beskermer ‘n volledige en onafhanklike ondersoek doen na bewerings rakende Resolve Communications. Daar word beweer dat die voormalige DA-leier, Tony Leon, sy politieke invloed met DA-kabinetsministers gebruik het om privaat sakekliënte te bevoordeel. Die president van die liga, Collen Malatji, het ‘n beroep gedoen op verantwoordbaarheid en die beskerming van grondwetlike instellings en openbare hulpbronne:
# Die burgemeester van die uMngeni Plaaslike Munisipaliteit, Chris Pappas, sê sy bestuur sal voortgaan om eerlike, deursigtige en verantwoordelike regering te lewer. Hy is vir ‘n tweede termyn as DA-burgemeesterskandidaat benoem. Pappas sê die munisipaliteit het finansiële uitdagings oorkom, insluitend die vereffening van ‘n lening van elf-miljoen-rand, terwyl hy aanspreeklikheid en dienslewering verbeter het. Pappas het beklemtoon dat hulle kritici verkeerd bewys het sedert die DA beheer oor sy eerste munisipaliteit in KwaZulu-Natal verkry het:
# Die polisie in die Vrystaat het op onwettige sigarette ter waarde van 3,6-miljoen-rand tydens ‘n gesamentlike intelligensie-gedrewe operasie in Boshof beslag gelê. Polisiewoordvoerder Palesa Thabana sê beamptes het ‘n supermark en ‘n pakhuis deursoek, waar hulle meer as 300 bokse en 15-duisend los pakkies nagemaakte sigarette teruggevind het. Drie mans, onderskeidelik 22, 44 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van nagemaakte goedere en die oortreding van die Immigrasiewet. Die verdagtes sal na verwagting môre in die Boshof-landdroshof verskyn.
# Eskom se Opwekkingsherstelplan verbeter steeds elektrisiteitsvoorsiening, met Suid-Afrika wat nou 420 opeenvolgende dae sonder beurtkrag gehad het. Die nutsmaatskappy sê die Energiebeskikbaarheidsfaktor het tot byna 65-persent gestyg, terwyl onbeplande onderbrekings en dieselkoste aansienlik gedaal het. Vyf provinsies is ook van kragvermindering vrygestel, wat meer as een-miljoen kliënte bevoordeel het. Eskom sê voldoende opwekkingsvermoë is steeds beskikbaar om aan die winter-aanvraag te voldoen en geen beurtkrag word vir die res van die winterperiode verwag nie.
# En sokker: Die president van FIFA, Gianni Infantino, het die wêreldwye huldeblyke gelei na die dood van Bafana Bafana en Mamelodi Sundowns se middelveldspeler Jayden Adams. In ‘n boodskap van meegevoel het Infantino namens FIFA en die internasionale sokkergemeenskap sy simpatie betuig teenoor Adams se familie, vriende en spanmaats. Die 25-jarige Adams het sy senior internasionale debuut in 2022 gemaak, 13 wedstryde gespeel en twee keer punte aangeteken tydens Suid-Afrika se suksesvolle 2026 FIFA Wêreldbeker-veldtog.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….