Nuus 11:00
BULLETIN 12 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Operasie in Zeerust lei tot die arrestasie van 13 ongedokumenteerde migrante
# Drankhandelaars verskerp hul veldtog teen minderjarige drinkery
# En sokker: Engeland en Argentinië is deur na die Wêreldbeker-halfeindstryd
# Die polisie in die Noordwes het 13 ongedokumenteerde migrante gearresteer tydens ‘n verrassingsoptrede van Operasie Shanela in Zeerust. Die multidissiplinêre span het die SAPD Teen-Bende-eenheid, die Onwettige Mynbouspan en die Departement van Binnelandse Sake betrek. Die verdagtes, tussen 22 en 48 jaar oud, is burgers van Zimbabwe, Malawi, Mosambiek en die Demokratiese Republiek die Kongo. Daar word verwag dat hulle ingevolge immigrasiewette hanteer sal word. Die polisie het ook ‘n naaimasjien en ‘n slagtersmes teruggevind wat as verlore eiendom aangemeld is.
# Die Nasionale Drankhandelaarsraad sê hy verskerp pogings om jongmense op te voed oor die gevare van minderjarige drankgebruik na die uitspraak in die Enyobeni Taverne-spraak. ‘n Woordvoerder van die raad, Lucky Ntimane, sê die KuGompo-streekhof se bevinding dat die tragedie voorkom kon word, beklemtoon die behoefte aan strenger nakoming van drankwette en groter openbare bewustheid. Ntimane sê die raad sal voortgaan om verantwoordelike alkoholhandel te bevorder om soortgelyke tragedies te voorkom:
# Build One South Africa het Nongelo Chiume as sy burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni benoem. Chiume sê hy wil die metro omskep in Suid-Afrika se toonaangewende vervaardigings- en industriële sentrum deur beleggings te lok, werk te skep en infrastruktuur te verbeter. Hy het ook belowe om korrupsie vas te vat, wetstoepassing te versterk en dienslewering te verbeter, om ekonomiese groei te bevorder en openbare vertroue in plaaslike regering te herstel:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê groter deursigtigheid in tenderprosesse kan help om onreëlmatighede bloot te lê en openbare fondse te beskerm. Dit volg na verdoemende onthullings oor die SAPD by die Madlanga-kommissie. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, het aan SABC News gesê die e-Tenderportaal kan ‘n sleutelrol kan speel in die monitering van regeringsverkryging en die opsporing van korrupsie. Hy het beklemtoon dat politieke wil en verantwoordbaarheid steeds nodig is:
# En laastens sportnuus:
# Rugby: Die Franse klub Béziers rou oor die dood van die Suid-Afrikaanse rugbyspeler Luqobo “Bibo” Makwedini, wat gesterf het nadat hy tydens oefening ineengestort het. Volgens die Franse media en die klub is hy dood weens ‘n vermoedelike hartaanval. Die 20-jarige, ‘n voormalige Suid-Afrikaanse o.18-speler en Wynberg Boys’ High School-leerder, het onlangs by die klub se akademie in die suide van Frankryk aangesluit. Hy is beskou as ‘n opkomende ster en gewaardeerde spanmaat wie se vriendelikheid en toewyding ‘n blywende indruk gelaat het.
# En sokker: Jude Bellingham van Engeland het gister twee keer punte aangeteken om Noorweë se merkwaardige stryd te beëindig om die Wêreldbeker-halfeindronde te haal met ‘n 2-1-oorwinning na bykomende tyd in hul kwarteindstryd in Florida, in die VSA. In die ander kwarteindstryd het die verdedigende kampioene, Argentinië, ‘n tienman-span van Switserland met 3-1 na ekstra tyd in Kansas City, Missouri, geklop. Frankryk sal Dinsdag teen Spanje in Texas in die een halfeindstryd te staan kom, en Woensdag sal Engeland teen Argentinië in Atlanta, Georgia, uitdraf.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….