Nuus 08:00
BULLETIN 12 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mmusi Maimane sê Suid-Afrika het leiers nodig, nie beroepspolitici nie
# Iran sluit die Straat van Hormoes tot verdere kennisgewing
# En rugby: Die Bokke word getoets deur ‘n vasberade Skotse span in hul Nasieskampioenskap-kragmeting
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane sê beroepspolitici is afgesonder van die werklikheid waarmee gewone Suid-Afrikaners te kampe het. Maimane het in Ekurhuleni beklemtoon dat BOSA partykandidate sonder vorige politieke verbinding voorkeur gee, en aangevoer dat hulle die uitdagings van werkloosheid, armoede en misdaad beter verstaan. Hy waarsku kriminele netwerke beïnvloed politieke leiers en openbare instellings. Hy sê etiese burgers moet die politiek betree om geloofwaardige, korrupsievrye leierskap te bou:
# President Cyril Ramaphosa het die dood van Bafana Bafana en Mamelodi Sundowns se middelveldspeler Jayden Adams en die voormalige Suid-Afrikaanse o.18-rugbyspeler Luqobo Makwedini as ‘n tragedie vir die nasie beskryf. Adams is gisteroggend dood gevind by ‘n eiendom in Schotschekloof, Kaapstad, en Makwedini het tydens ‘n kluboefensessie in Frankryk ineengestort. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die twee het Suid-Afrika met trots verteenwoordig en die land bly dankbaar vir hul prestasies en die inspirasie wat hulle vir Suid-Afrikaanse sport gebring het:
# Die Valke het ‘n strafregtelike klag teen die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris Puleng Dimpane vir verdere ondersoek na die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie verwys. Die klag is ingedien deur Public Interest South Africa en hou verband met beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur by die omstrede SAPS Medicare24 Tshwane-kontrak. Die eenheid sal nou bepaal of daar gronde is vir ‘n strafregtelike ondersoek. Die verwysing kom te midde van voortgesette ondersoeke na verkrygingsprosesse oordie polisiegesondheidsorgtender van miljoene rande.
Die Activists and Citizens Forum doen intussen ‘n beroep vir die onmiddellike skorsing van die hoof van die direktoraat, advokaat Andrea Johnson, en ‘n senior ondersoekbeampte, Sunil Bellochun. Die forum se woordvoerder Dennis Bloem sê bewerings wat voor die Madlanga-kommissie gemaak is, het die openbare vertroue in die eenheid ernstig geskaad. Bloem het ook sy oproep hernu dat die eenheid ontbind word, en het die polisie versoek om die afpersingsbewerings te ondersoek:
Die Amerikaanse weermag het Iran aangeval nadat die land vroeër vandag ‘n vraghouerskip geteiken het. Teheran sê intussen hy het die Straat van Hormoes weer gesluit. ‘n Reeks aanvalle tussen die VSA en Iran oor die afgelope paar dae het president Donald Trump genoop om die skietstilstand te beëindg. Die Iranse Rewolusionêre Wagkorps sê die Straat van Hormoes is gesluit tot verdere kennisgewing en tot Amerika sy aanvalle in die streek staak, sal geen vaartuig deurgelaat word nie.
# En ten slotte rugby: Die eindtelling van 42 – 28 in die guns van Suid-Afrika teen ‘n vurige Skotse span in hul Nasieskampioenskap-kragmeting op Loftus in Pretoria gisteraand klink vleiend, maar swak verdediging het hulle amper die wedstryd gekos. Die rustydtelling was 14-14. Skrumskakel Ambrose Papier, wat terug is na ‘n agt jaar lange afwesigheid, het die Bokke se openingsdrie gedruk. Uiteindelik het Suid-Afrika Skotland met ses drieë teen vier geklop. Handré Pollard het al ses drieë verdoel en is as Man van die Wedstryd aangewys.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….