Nuus 12:00
BULLETIN 10 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Aucamp verseker ‘n ooreenkoms om die voorsiening van bek-en-klouseer-entstof uit te brei
# Andy Burnham sê Brittanje se reaksie op die Gaza-oorlog was nie goed genoeg nie
# En rugby: Rassie Erasmus gaan die rekord verbeter vir Springbok-afrigting
# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê sy department het ‘n skikking buite die hof bereik wat ‘n regsgeding beëindig oor die verkryging en verspreiding van bek-en-klouseer-entstowwe. Sakeliga, die landbou-organisasie Saai en Vrystaat Landbou het aangevoer boere moet toegelaat word om entstowwe regstreeks te koop eerder as om te wag op uitgerekte staatsverkrygingsprosesse. Aucamp sê die ooreenkoms sal die mark oopstel vir regverdige mededinging en beter beskikbaarheid van entstowwe meebring:
# Die MK-party is volgens berigte onder ernstige finansiële druk en het in aanloop tot die munisipale verkiesing alle reistoelaes vir leiers opgeskort. Volgens News24 het interne kommunikasie tussen partyleier Jacob Zuma en die nuwe tesourier-generaal, Brian Molefe, alle nasionale beamptes, ligas, en erkende strukture in kennis gestel dat alle verblyf, gehuurde motors en lokale wat die party moet betaal, tot 26 Julie gevries is. Molefe sê die fokus is op skuldbestuur, verfyning van die begroting en versekering dat die party finansieel lewensvatbaar bly.
# Die Stad Johannesburg sê sy strategiese ligging as toegangspoort tot die mark van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en die geleenthede van die Afrika-vryhandelsgebied maak die metro ‘n aantreklike bestemming vir internasionale beleggers. Die stad het hierdie week ‘n sake-afvaardiging van China ontvang om handels- en beleggingsbande te versterk. Die adjunkdirekteur vir Handel en Beleggingsbevordering, Amukelani Kubayi, sê beleggingsgeleenthede in verskeie sleutelbedrywe is uitgelig en beleggers is genooi om met Johannesburg saam te werk en aandag te skenk aan kritieke infrastruktuurbehoeftes.
Nuus uit die buiteland:
# Andy Burnham, wat na verwagting die volgende Britse eerste minister gaan word, het verskoning gevra vir die Arbeidersparty se aanvanklike standpunt oor Israelse aanvalle in Gaza. Uittredende eerste minister Keir Starmer het kort na Hamas se aanvalle op Israel in Oktober 2023 gesê Israel het die reg om krag en water van Gaza te weerhou, wat talle Arbeiders ontstel het. Burnham beskuldig Israel dat hy die skietstilstandsooreenkoms verbreek het:
# Rugby: Rassie Erasmus gaan môre geskiedenis maak met ‘n rekord van 55 toetse as afrigter van die Springbokke wanneer hulle op Loftus Versfeld in Pretoria teen Skotland speel in die Nasieskampioenskap. Dit is die meeste vir ‘n Bok-breier sedert Suid-Afrika se eerste toets in 1891. Erasmus het dit bereik in twee tydperke – van 2018 tot 2019, en weer van 2024 tot nou. Sy wenrekord is tans 75,93-persent in 54 wedstryde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-31-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 21-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-143-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-102-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 76-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….