Nuus 17:00
BULLETIN 9 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die mediapersoonlikheid Lasizwe Dambuza vra vir meer jeuginsluiting in sake-besluite
# ‘n Kenner identifiseer drie vorms van korrupsie binne die Polisiediens
# En rugby: die ster-losskakel Fin Russell is terug in Skotland se opdrafspan vir die wedstryd teen die Springbokke
# Die entrepreneur en mediapersoonlikheid Lasizwe Dambuza het die privaat sektor uitgedaag om meer te doen om jongmense te bemagtig. Hy het tydens FNB se reeks oor privaat welvaart bevraagteken hoekom jongmense feitlik afwesig is waar belangrike ekonomiese besluite geneem word. Dambuza het ondernemings versoek om te belê in die mediabedryf. Sy opmerkings het ‘n debat ontketen oor verteenwoordiging, toegang en die voorbereiding van die jeug om toekomstige leiers te word:
# Die Madlanga-kommissie het gehoor korrupsie binne die Polisiediens volg drie belangrike neigings. Die teen-korrupsie-deskundige Albertus Schoeman het getuig dit behels die misbruik van gesag om ondersoeke te belemmer, die lekkasie van vertroulike inligting aan misdadige netwerke, en die manipulering van verkrygingsprosesse vir persoonlike gewin. Hy waarsku georganiseerde misdaad het swakpunte in die polisie se integriteits- en teen-korrupsiestelsels uitgebuit:
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê hy is steeds verbind tot aanspreeklikheid en gevolgbestuur in gevalle van mediese nalatigheid en finansiële wangedrag. Woordvoerder Steve Mabona sê tugstappe is gedoen waar voldoende bewyse bestaan, en strafregtelike ondersoeke na finansiële wangedrag duur voort. Hy sê mediese nalatigheidsake word hersien om te bepaal of gesondheids-beroepslui na relevante professionele rade verwys moet word:
# Suid-Afrikaners met identiteitsdokumente wat voor November 2022 geblok is, het tot môre kans om ‘n kantoor van die Departement van Binnelandse Sake te besoek en hul identiteit te bevestig. Individue wat geraak is moet persoonlik aanmeld met dokumente soos bewys van geboorte, hospitaal- of skoolrekords, asook gewaarmerkte afskrifte van hul ouers se identiteitsdokumente of doodsertifikate. Indien die sperdatum nie gehaal word of vertoë nie ingedien word nie, kan die betrokke identiteitsdokument permanent gekanselleer word.
# Rugby: Die ster-losskakel Fin Russell is terug in Skotland se groep vir Saterdag se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen die Springbokke in Pretoria. Hy het verlede naweek se oorwinning oor Argentinië misgeloop weens ‘n kuitbesering. Russell vervang Tom Jordan in die nommer tien-trui terwyl Jordan bank toe skuif. Afrigter Gregor Townsend het nog twee veranderings aangebring aan sy opdrafspan, met Zander Fagerson wat Ellit Millar Mills op stut vervang en Gregor Brown wat slot speel in Jonny Gray se plek. Skotland het sy laaste nege wedstryde teen die wêreldkampioen verloor.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-39-sent teen die dollar, 18-rand-72-sent teen die euro en 21-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-565-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-112-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 78-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….