Nuus 16:00
BULLETIN 7 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis ‘n leefstyloudit van die nuwe minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule
# Die Madlanga-kommissie vra ‘n verlenging van die spertyd om sy finale verslag in te dien
# En rugby: Harsingskudding hou Eben Etzebeth tot Augustus van die veld af
# Die DA sê ‘n onmiddellike leefstyloudit van die nuutaangestelde minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sal ‘n finansiële basislyn aan die begin van haar ampstermyn vestig en help om openbare geld te beskerm. Die party het die Presidensie versoek vir ‘n oudit en voer aan Pule se vorige rekord in ‘n openbare amp regverdig ‘n noukeurige ondersoek. Woordvoerder Nazley Sharif herhaal die DA se teenkanting teen Pule se aanstelling:
# Die Madlanga-kommissie praat met die Presidensie oor ‘n moontlike verdere verlenging van sy verslagdatum. Woordvoerder Jeremy Michaels sê die ondersoek is onder druk om sy werk te voltooi, met ‘n aansienlike hoeveelheid getuienis wat nog uitstaande is. Die huidige sperdatum om die verslag in te dien is 31 Augustus. Michaels sê vertragings word veroorsaak deur onbeskikbare getuies, ingewikkelde ondersoeke en logistieke uitdagings:
# Die Gautengse regering verwerp die DA se bewerings dat beleggingsverbintenisse van sy konferensies nie verwesenlik word nie. Regeringswoordvoerder Elijah Mhlanga sê beleggingsbeloftes word oor jare ingestel en moenie as onmiddellike besteding beoordeel word nie. Hy sê projekte ter waarde van 89,5-miljard-rand is tans aan die gang, en verwys na die Chery-groep se verkryging van Nissan se aanleg in Rosslyn. Mhlanga sê infrastruktuur, energie, water en openbare veiligheid bly belangrike voorkeure:
Nuus uit die buiteland:
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku Europa kan nog dodelike weke verwag terwyl nog ‘n hittegolf tans oor die Atlantiese Oseaan vorm. Die streeksdirekteur vir Europa, Hans Kluge, het ‘n noodvergadering gehou met verteenwoordigers van 41 lande in die streek, die Europese Kommissie en burgerlike samelewingsgroepe om lesse uit die onlangse hittegolf en hitte-gesondheidsaksieplanne te bespreek. Frankryk, Nederland en België het drie-duisend-700 sterftes weens die hittegolf aangeteken, met temperature wat 40-grade Celsius bereik het.
# Rugby: Die Springbokke se beseringslys groei. Harsingskudding sal die slot Eben Etzebeth uit die volgende Nasiesbeker-wedstryde teen Skotland en Wallis hou, en hy sal na verwagting eers volgende maand terugkeer. Kaptein Siya Kolisi moes ook aan die wedstryd teen Engeland onttrek, maar sal na verwagting fiks wees om teen Wallis te speel. Die veelsydige André Esterhuizen het harsingskudding opgedoen tydens die wedstryd teen Engeland, terwyl die stut Ox Nché ‘n langtermynbesering opgedoen het. Afrigter Rassie Erasmus hoop om die slot Lood de Jager volgende week terug te hê.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-23-sent teen die dollar, 18-rand-56-sent teen die euro en 21-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-653-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-164-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 72-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….