Nuus 09:00
BULLETIN 7 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party eis die repatriasie van alle buitelandse gevangenes
# MISA verwelkom die herroeping van voertuie, maar vra vir ‘n sterker fokus op padveiligheid
# En meer as ‘n duisend is gearresteer in Interpol se wêreldwye mensehandel-optrede
# Die MK-party doen ‘n beroep op die regering om onmiddellik gevangenes wat buitelanders is te repatrieer. Hy sê die land bestee jaarliks sowat 4,2-miljard-rand om hulle in die tronk te hou. Daar was verlede maand 27-duisend-880 buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke. Dit sluit in 13-duisend-266 gevonnisde oortreders en 14-duisend-614 verhoorafwagtendes. Die MK-party sê byna die helfte van die koste, ʼn geraamde 2,2-miljard-rand jaarliks, is vir verhoorafwagtende buitelandse burgers. Hy sê die geld kan gebruik word vir meer maatskaplike toelaes, werkskepping en beter gesondheidsorg en onderwys.
# Die Padvragvereniging sê hy is nie oortuig dat die Wysigingswet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe padgebruikers se huidige gedrag sal verander nie. Fase twee van dié wet is Woensdag ingestel. Die doel van die wet is onder meer om gehalte, veiligheid en dissipline te bevorder, die beregting van verkeersoortredings en die instelling van ʼn strafpuntstelsel. Die uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê hy kan nie insien dat strafpunte vir voertuie mense se gedrag sal verander nie:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die jongste herroeping van sekere Jaguar Land Rover-voertuie beklemtoon die noodsaak om padveiligheid eerste te stel. Die herroeping volg na kommer oor ‘n enjinfout wat olielekkasies kan veroorsaak en ‘n gevaar vir ander padgebruikers, veral motorfietsryers, kan inhou. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, het werkgewers aangespoor om tegnici te bemagtig met die opleiding, hulpbronne en ondersteuning wat nodig is om terugroepherstelwerk veilig en doeltreffend uit te voer:
# Minstens twee-duisend-en-70 slagoffers is geïdentifiseer, een-duisend-en-24 verdagtes in hegtenis geneem, en 465 ondersoeke begin, ná ‘n gekoördineerde internasionale klopjag teen mensehandel. Wetstoepassingsagentskappe uit 59 lande regoor Afrika, die Amerikas, Asië en Europa het in Junie saamgewerk aan Operasie Global Chain wat deur Interpol gekoördineer is. Die klem was op mensehandelnetwerke wat betrokke is by seksuele uitbuiting, dwangarbeid, misdaad en gedwonge bedelary. Interpol sê hulle het ‘n nuwe tendens geïdentifiseer met slagoffers uit Latyns-Amerika wat vir dwangarbeid in Europa verhandel word. Ongeveer tien-persent van die slagoffers is minderjarig.
# Tennis: Die wêreld-nommer-114, Arthur Fery, het Grigor Dimitrov van Bulgarye in vyf stelle by Wimbledon verslaan en is die eerste Britse promotorskeuse om die kwarteindronde van ‘n Grand Slam in die Ope-era te bereik. Fery speel volgende teen die Italianer Flavio Cobolli, wat die Australiër Alex de Minaur in drie stelle uitgeskakel het. Die Amerikaner Taylor Fritz het Alexander Bublik van Kazakstan gewen. In die vroue-afdeling het die Italianer Jasmine Paolini die Filippyn Alexandra Eala in drie stelle geklop, met die Tsjeg Linda Nosková wat na die kwarteindronde deur is nadat sy die Amerikaner Madison Keys uitgeskakel het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-23-sent teen die dollar, 18-rand-56-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-151-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-133-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….