Nuus 18:00
BULLETIN 6 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Staatsdienskommissie rig waarskuwing oor swak aanspreeklikheid, bestuur en verkrygingsmislukkings in SITA
# Die Kommunikasie-minister Solly Malatsi beloof optrede na die verslag oor SITA
# En Sokker, UEFA veroordeel FIFA se besluit oor Balogun
# Die Staatsdienskommissie het wydverspreide bestuursmislukkings, swak aanspreeklikheid en onbestendige leierskap in die Staatsinligtingstegnologie-agentskap ontdek. Dit volg op ‘n ondersoek vanaf 2020 tot verlede jaar. Die kommissie se voorsitter, Somadoda Fikeni, het op ‘n nuuskonferensie gesê die verslag, wat aan die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, oorhandig is, beklemtoon verkrygingstekorte, swak gevolgbestuur en meer as twee-miljard-rand in onreëlmatige uitgawes oor ‘n tydperk van vier jaar:
Malatsi het intussen beloof om op te tree na aanleiding van die bevindinge deur die Staatsdienskommissie. Hy het aan die media gesê die kommissie se aanbevelings sal hervormings by SITA lei om bestuur te verbeter en vertroue in die agentskap te herstel:
# Die Staatsdienskommissie het wydverspreide bestuursmislukkings, swak aanspreeklikheid en onbestendige leierskap in die Staatsinligtingstegnologie-agentskap ontdek. Dit volg op ‘n ondersoek vanaf 2020 tot verlede jaar. Die kommissie se voorsitter, Somadoda Fikeni, het op ‘n nuuskonferensie gesê die verslag, wat aan die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, oorhandig is, beklemtoon verkrygingstekorte, swak gevolgbestuur en meer as twee-miljard-rand in onreëlmatige uitgawes oor ‘n tydperk van vier jaar:
# Die Suid-Afrikaanse Elektrisiteitshandelaarsvereniging sê dit is noodsaaklik om die elektrisiteitsmarkreëls tydig af te handel om privaat beleggings te lok en mededinging te bevorder. Die vereniging sê die konsepkode vir die elektrisiteitsmark het wye steun ontvang, maar belangrike kwessies moet nog uitgestryk word voor die nuwe groothandel-elektrisiteitsmark in werking kan tree. James Beatty van die vereniging waarsku die energiereguleerder, Nersa, dat enige verdere vertragings hernubare energiebeleggings kan vertraag en langtermyn-energiesekerheid kan beïnvloed.
# ‘n Beampte van die Ekurhuleni Metropolisie, Adrian McKenzie, en die veiligheidshoof, Etienne van der Walt, het in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op ses aanklagte van bedrog en roof wat verbind word met die diefstal van edelgesteentes ter waarde van ongeveer 14,9-miljoen-rand in 2023. Die saak spruit uit bewerings voor die Madlanga-kommissie van ‘n sogenaamde geheime polisie-optrede in Rosebank onder leiding van die geskorste EMPD-adjunkhoof Julius Mkhwanazi. Die edelstene is na bewering vir 110-duisend-rand verkoop. Die saak hervat 16 Julie vir ‘n aansoek om borgtog.
# Sokker: Die Europese beheerliggaam, UEFA het teen FIFA se besluit uitgevaar om die Amerikaanse doelskieter Folarin Balogun se rooikaart in die Wêreldbeker-toernooi te herroep nadat president Donald Trump FIFA-president Gianni Infantino gevra het om die saak te hersien. UEFA sê FIFA het ‘n rooi lyn oorskry en die integriteit van die spel ondermyn met ‘n ongekende, onbegryplike en onregverdigbare besluit. Balogun is afgestuur tydens Amerika se oorwinning oor Bosnië-Herzegowina in die rondte van 32. Die besluit het FIFA se dissiplinêre proses in die kollig geplaas en woedende reaksie ontlok.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-24-sent teen die dollar, 18-rand-54-sent teen die euro en 21-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-800-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-139-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 72-dollar-28-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….