Nuus 16:00
BULLETIN 3 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Ntshavheni kritiseer Jacob Zuma oor sy ontmoeting met die Gupta-broers
# Die Openbare Beskermer handel meer as 800 ondersoeke afin die eerste kwartaal
# En rugby: Die Metropolisie waarsku oor groot verkeersontwrigtings voor die toets op Ellispark
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het oudpresident Jacob Zuma gekritiseer oor sy ontmoeting met die Gupta-broers in Indië en sê dit ondermyn Suid-Afrika se pogings om hulle uit te lewer. Sy het na afloop van die kabinetsvergadering gesê die Guptas is voortvlugtiges wat Suid-Afrika strafregtelik wil verhoor, en die regering hersien die voorregte wat aan oudpresidente toegestaan is:
# Die Openbare Beskermer het in die eerste kwartaal van die huidige boekjaar 859 ondersoeke afgehandel. Dit sluit in 714 klagtes van dienslewering, 102 bestuurs- en integriteitsake en 43 vroeë beslissingsake. Van die klagtes wat geïdentifiseer is om op alternatiewe wyse opgelos te word, is 25,6-persent afgehandel, teen ‘n afhandelingstempo van 54-persent. Woordvoerder Ndili Msoki sê een van die sake wat suksesvol opgelos is deur bemiddeling, is die terugbetalings-geskil in Ekurhuleni:
# Die vakbond GIWUSA sê die land se aandag word afgetrek deur teen-immigrante-betogings terwyl werkers steeds hulle werk en inkomste verloor. Die jongste kwartaallikse indiensnemingsyfers toon die land het in die eerste kwartaal van vanjaar 80-duisend werksgeleenthede verloor. Verliese in gemeenskapsdienste en handel het die afname aangedryf. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê dringende maatreëls is nodig om werk te skep, werkers te beskerm en die ekonomie te herbou:
# Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer verwag om die opknapping van die Goue Hoofweg teen middel September te voltooi. Die projek sluit in padverbreding, teer-heropbou, verbeterde stormwaterdreinering, opgegradeerde verkeerstekens en verbeterde veiligheidskenmerke. Die LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê die opgradering sal beweeglikheid, padveiligheid en ekonomiese bedrywighede langs die besige roete verbeter. Motoriste word versoek om tydelike verkeersmaatreëls te gehoorsaam, terwyl die departement voortgaan om diefstal en beskadiging van tydelike padtekens te hanteer.
# Rugby: Die Johannesburgse Metropolisie het motoriste gewaarsku oor verkeersontwrigtings rondom Ellispark weens môre se toets tussen die Springbokke en Engeland. Strate in Nuwe Doornfontein word reeds vanaand gesluit, met uitgebreide padsluitings wat tot môreaand sal duur. Woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes sal ontplooi word om verkeer te bestuur en veiligheid te verseker, terwyl toeskouers aangeraai word om parkeer-en-ry-pendeldienste te gebruik om verkeersopeenhopings te verminder.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-21-sent teen die dollar, 18-rand-55-sent teen die euro en 21-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-901-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-173-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 71-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….