Nuus 14:00
BULLETIN 1 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA beloof skoon bestuur en ekonomiese hervorming in sy regerings-rol
# Spanje skryf meer as ‘n duisend sterftes toe aan hitte in die tweede warmste Junie ooit
# En rugby: Rassie is nie bekommerd oor die beserings van verskeie Bok-slotte nie
# DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die party se nuwe verteenwoordigers in die regering van nasionale eenheid sal ‘n verskil in bestuur maak wat fokus op dienslewering en toerekenbaarheid. Een van die veranderings behels John Steenhuisen se verwydering as minister van Landbou. Hill-Lewis sê die party wil die ekonomie laat groei en dienste verbeter na verlede jaar se mandaat van 3,5-miljoen kiesers. Hy sê sy span is verbind tot hoër standaarde en praktiese resultate:
Activists and Citizens Forum kritiseer intussen president Cyril Ramaphosa se aanstelling van Dina Pule as minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Denis Bloem van die forum sê Pule se vorige verwydering uit die kabinet en etiese bevindings is uiters kommerwekkend. Hy beweer die aanstelling stuur die verkeerde boodskap aan Suid-Afrikaners en moontlike beleggers, en bevraagteken Ramaphosa se verbintenis tot die bekamping van korrupsie:
# Die burgerregte-beweging en kampvegter vir maatskaplike geregtigheid, NotInMyName International, vra die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om aandag te gee aan wat hy as ‘n migrasie-krisis in die streek beskryf. Themba Masango van die organisasie sê Suid-Afrika kan nie alleen die las van ongeoorloofde immigrasie hanteer nie. Hy sê die SAOG moet ʼn gekoördineerde raamwerk ontwikkel om grensbestuur te versterk en ekonomiese bestendigheid te bevorder:
# Spanje het verlede maand een-duisend-en-29 sterftes aangeteken wat toegeskryf kan word aan hitte. Amptelike data toon ‘n hittegolf van vyf-dae met temperature van bo 40-grade Celsius maak dit die tweede warmste Junie ooit, vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die weeragentskap AEMET sê gemiddelde temperature was 3,2-grade hoër as normaal. Data van die Ministerie van Gesondheid se daaglikse sterfte-monitorstelsel toon hierdie Junie is die meeste hitteverwante sterftes aangeteken sedert dieselfde maand in 2015.
# Rugby: Die Springbokke se afrigter, Rassie Erasmus, glo nie sy span is kwesbaar weens die beserings van verskeie slotte nie. RG Snyman, Franco Mostert en Lood de Jager is nie beskikbaar vir Saterdag se Nasieskampioenskaps-toets teen Engeland nie, terwyl die opwindende Riley Norton ook beseer is terwyl hy na verwagting sy senior buiging sou maak. Erasmus het die Bulle se losvoorspeler, Elrigh Louw, in sy plek opgeroep. Hy sê spelers soos Louw, Pieter-Steph du Toit en Marco van Staden sal die leemte kan vul indien nodig.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 18-rand-70-sent teen die euro en 21-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-680-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-983-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 72-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….