Nuus 16:00
BULLETIN 30 June 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie bevestig inhegtenisnemings weens plundering tydens landwye betogings
# Statistiek SA meld ‘n verlies van 80-duisend formele sektor-poste in die eerste kwartaal van 2026 aan
# En rugby: Rassie loof Cheslin nadat hy gedink het hy’s te klein vir toetsrugby
# Die Ministerie van Polisie sê verskeie mense is in hegtenis heneem weens voorvalle van plundering en poging tot plundering tydens landwye betogings. Die meeste betogings was vreedsaam maar die polisie het reageer op enkele misdadige bedrywighede en bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om ondernemings en kritieke infrastruktuur te beskerm. Woordvoerder Kamogelo Mogotsi waarsku enigiemand wat die betogings uitbuit om misdade te pleeg, sal daarvoor boet:
Die Stad Kaapstad se rampkoördineringspan sê intussen ‘n paar voorvalle is vanoggend aangemeld. Woordvoerder Charlotte Powell sê eenhede is op die toneel by ‘n byeenkoms in Bloekombos, ‘n groep op die Parade, en ‘n poging tot winkelplundering in Gugulethu, waar die polisie en die Metropolisie ingegryp het. Sy sê groot vervoerwisselaars bly in bedryf terwyl personeel reg oor die metropool ontplooi word:
# Statistiek Suid-Afrika sê die formele nie-landbousektor het gedurende die eerste drie maande vanjaar 80-duisend werksgeleenthede verloor, wat algehele indiensneming in dié sektor tot 10,5-miljoen verminder het. Die grootste afname was in gemeenskapsdienste en handel, terwyl vervaardiging, mynbou en sakedienste klein winste getoon het. Honderd-21-duisend formele werksgeleenthede het verlore gegaan in vergelyking met ‘n jaar gelede. Matlapane Masupye van Statistiek Suid-Afrika sê die gemiddelde maandelikse inkomste het effens gestyg tot sowat 30-duisend-rand:
# Mr Price waarsku teen misleidende vergelyking terwyl hy beklemtoon dat sy uitvoerende hoof ongeveer 800 keer meer verdien as intreevlak-verkoopspersoneel. Wysigings aan die Maatskappyewet wat op die 22ste van verlede maand in werking getree het, dwing openbare en staatsbeheerde firmas om die salarisverhouding tussen uitvoerende beamptes en werknemers openbaar te maak. Die kleinhandelaar sê die syfers weerspieël nie die volledige vergoedingstrukture, pos-inhoud of aansporings oor verskillende rolle nie. Hy voer aan sulke vergelykings loop die gevaar om korporatiewe betaalpraktyke en werksmagdinamika verkeerd voor te stel.
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die drieëvraat Cheslin Kolbe geprys voor sy 50ste wedstryd vir Suid-Afrika, hoewel hy erken hy en talle ander het gedink hy’s te klein vir toetsrugby. Kolbe, wat 1,71-meter lank is, gaan die nommer 14-trui dra in Saterdag se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Engeland op Ellispark. Hy het 151 punte aangeteken sedert sy buiging vir die Bokke in 2018. Erasmus sê Kolbe is ‘n integrale deel van die Bok-opset en het nog altyd presteer wanneer die span hom nodig gehad het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-39-sent teen die dollar, 18-rand-66-sent teen die euro en 21-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-800-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-17-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 74-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….