Nuus 14:00
BULLETIN 30 June 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Lesotho ontplooi vyf busse vir burgers wat wil terugkeer uit Suid-Afrika
# Binnelandse Sake in Musina sukkel om duisende repatriasies te verwerk
# En rugby: Die losvoorspeler Elrigh Louw is na die Springbokke se Nasieskampioensgroep opgeroep
# Lesotho se regering het vyf busse ontplooi om sy burgers te help wat vanaf Suid-Afrika wil terugkeer huis toe te midde van toenemende kommer oor spanning tussen plaaslike inwoners en buitelanders. Dit sal burgers van Durban, Pietermaritzburg en Newcastle in KwaZulu-Natal vervoer, weens vrees en onsekerheid in gemeenskappe. Owerhede sê die repatriasie is vrywillig en daarop gemik om burgers te beskerm terwyl hul steeds verwikkelings in Suid-Afrika dophou. Die regering het ook beloof om saam met Suid-Afrikaanse owerhede te werk om Basotho-burgers se veiligheid te verseker.
Duisende Malawiese burgers het intussen voor Binnelandse Sake se kantoor in Musina, Limpopo, bymekaargekom met die hoop om die nodige dokumentasie te bekom om na hul vaderland terug te keer. Die groep, wat vanaf KwaZulu-Natal vervoer is, wag sedert gisteraand, terwyl baie sukkel met tekorte aan voedsel, geld en vervoer na Malawi. Die owerhede sê hulle is besig met verwerkings om die toestroming te help bestuur. Die situasie volg ná toenemende spanning rondom immigrasie en beweging deur die Beitbrug-grenspos sal na verwagting verder toeneem.
Die burgerlike organisasie, Soil of Africa, sê intussen hy staan by gemeenskappe wat vra vir die doeltreffende toepassing van Suid-Afrika se immigrasiewette en die beskerming van burgers se maatskaplik-ekonomiese regte. Die beweging se woordvoerder, Dineo Mofokeng, sê kommer oor werkloosheid, misdaad en grensbeheer verdien wettige, verantwoordelike en dringende aandag van die regering:
# ‘n Spesialisherwinning- en opruimingspan is op die toneel by die Koeberg-wisselaar in Kaapstad nadat ‘n brandstoftenkwa gisteraand omgeslaan het. Woordvoerder Kevin Jacobs sê die owerhede is besig om brandstof oor te tap voor opruiming- en herwinningswerk begin. Hy sê verskeie paaie bly gesluit ter wille van veiligheid, insluitend gedeeltes van die N1, die N7, die M5 en omliggende roetes:
# Rugby: Hoofafrigter Rassie Erasmus het die losvoorspeler Elrigh Louw na die Springbokgroep opgeroep vir die Nasieskampioenskap as bykomende dekking. Hy sluit vandag in Johannesburg by sy spanmaats aan. Louw het die laaste van sy 13 toetse in November 2024 teen Wallis gespeel, en was verlede jaar op die krukkelys met ‘n ernstige kniebesering. Hy is vanjaar terug en het beïndruk vir die Bulle. Die Bokke begin hul Nasieskampioenskaps-veldtog Saterdag op Ellispark teen Engeland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-37-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 21-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-269-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-25-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 73-dollar-98-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….