Nuus 07:00
BULLETIN 30 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Kommissaris Puleng Dimpane sê die wetstoepassingsagentskappe is ten volle voorbereid
# CrisisOnCall vra Suid-Afrikaners om voorbereid te wees en nie paniekerig te raak nie
# En die UDM onthul ‘n nuwe bestuurspan
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê wetstoepassingsagentskappe is heeltemal voorbereid om die land veilig te hou, lewens en eiendom te beskerm en wet en orde te handhaaf. Dit is in aanloop tot beplande betogings wat vandag landwyd teen onwettige migrasie beplan word. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê Dimpane het die polisie se verbintenis herhaal om landsburgers se grondwetlike reg om te betoog, te beskerm:
CrisisOnCall doen intussen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om eerder voor te berei as om paniekerig te raak. Mense wat vir werk of gedurende die skoolvakansie reis, word versoek om hul roetes noukeurig te beplan, bekende protesareas indien moontlik te vermy en ingelig te bly met geloofwaardige nuus en verkeersopdaterings. Ruan Vermaak van die organisasie het pendelaars aangeraai om reisplanne met familie of kollegas te deel en kalm te bly en die gebied te verlaat as daar betogings is:
# Die ANC het begin met onderhoude met kandidate as deel van sy burgemeesterskeuringsproses voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Meer as 500 benoemings is ontvang, met net meer as 200 kandidate wat op die kortlys vir onderhoude in metropolitaanse en sleutelmunisipaliteite geplaas is. Die proses het in eThekwini begin en sal in ander metropolitaanse gebiede en munisipaliteite voortduur. Die ANC sê die oefening is daarop gemik om bekwame en etiese leiers te kies om dienslewering te verbeter, met finale kandidate wat aangekondig sal word nadat die onderhoudsproses voltooi is.
Die United Democratic Movement sê hy sal nou fokus op veldtogte voor die plaaslike-regeringsverkiesing, die herbou van hul plaaslike strukture en die bevordering van skoon regering en verbeterde dienslewering in munisipaliteite. Dit volg na die afsluiting van sy sesde nasionale kongres in KuGompo-stad, in die Oos-Kaap, waar die party ook sy nuwe leierskap verkies het. Hy het sy verbintenis tot verantwoordbare en gemeenskapsgerigte plaaslike regering herbevestig onder hul konsekwente, huidige, verantwoordbare slagspreuk. Bantu Holomisa bly partypresident, terwyl ander nasionale ampsdraers verkies is.
# President Donald Trump sê verteenwoordigers van Amerika en Iran ontmoet vandag in Doha, Katar, vir samesprekings. Dit volg nadat die twee lande mekaar die naweek weer aangeval het. Teheran het ‘n vaartuig in die Straat van Hormoes getref, wat Trump as dwaas beskryf, en Amerikaanse fasiliteite in Bahrein en Koeweit aangeval. Die Verenigde State se weermag het uit vergelding Iranse militêre teikens in die Straat aangeval, insluitend waarneming-infrastruktuur, kommunikasiestelsels, lugafweer-persele en plekke waar hommeltuie geberg word. Teheran het nie bevestig dat onderhandelings sal plaasvind nie.
# Krieket: Brendon McCullum sê hy het geen planne om uit te tree as Engeland se hoofafrigter nie. Engeland het die bepalende toets teen Nieu-Seeland in Trent Bridge met 160 lopies verloor en die reeks met 2-1. Die Swartpette is nou die eerste besoekers in 14 jaar om ʼn reeks van drie of meer toetse in die land te wen. Ben Stokes se kapteinskap van vier jaar het met sy eerste nederlaag op tuisgrond geëindig. McCullum sê sy toewyding aan Engeland het nooit gewankel nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-76-sent teen die euro en 21-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-940-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-973-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-39-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….