Nuus 09:00
BULLETIN 27 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis antwoorde oor beweerde massa-bedankings deur ervare senior aanklaers by die Nasionale Vervolgingsgesag
# Honderde Malawiërs wil huis toe gaan voor Dinsdag se sperdatum
# En, Larry die Kat maak gereed vir sy sewende Britse eerste minister
# Die DA sê die bedanking van 47 ervare aanklaers by die Nasionale Vervolgingsgesag gebeur op ‘n kritieke tyd. Die party waarsku die instelling sukkel reeds met ernstige tekorte en ‘n groeiende agterstand met ingewikkelde korrupsiesake. Die DA-lid, Glynnis Breytenbach, sê die verlies aan senior personeel kan die NVG se vermoë verswak om hoëvlak-korrupsiesake doeltreffend te vervolg en geregtigheid te lewer. Dit gebeur op ‘n tyd waar Suid-Afrikaners steeds wag op verantwoording in belangrike staatskapingsake.
# Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa gevra om dringend onsekerheid oor leierskap in die ministerie van Polisie op te los. Die organisasie sê belastingbetalers dra die koste van oorvleuelende leierskap. FOSA sê die skorsing van Senzo Mchunu duur nou te lank en eis ‘n permanente besluit oor Firoz Cachalia se aanstelling. FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane doen ‘n beroep op verantwoordbaarheid, beslissende leierskap en ‘n duidelike plan om misdaad te bekamp:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging het kommer uitgespreek oor die dreigement dat Eskom die elektrisiteitstoevoer na die Stad Johannesburg sal afsny weens onbetaalde munisipale skuld. Volgens die vereniging sal ‘n kragonderbreking ‘n verwoestende impak hê op huishoudings, ondernemings en werkgeleenthede regoor die land se ekonomiese spilpunt. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond ondersteun die Organisasie teen Belastingmisbruik se beplande regstappe om die inperking te keer:
# Honderde Malawiese burgers is buite die tydelike transito-terrein by die ou Durban Inryteater in North Beach, KwaZulu-Natal, met die hoop om voor Dinsdag huis toe te gaan. Die kom op die vooraand van beplande betogings teen onwettige immigrasie wat eis dat ongedokumenteerde buitelandse burgers Suid-Afrika moet verlaat. Amptenare gaan voort met die verwerking van mense wat vrywillig wil repatrieer met al hoe meer mense by die terrein aankom. Owerhede sê alles word gedoen om veilige en ordelike vertrek te verseker terwyl veiligheid by die tydelike transito-sentrum gehandhaaf word.
# Sokker: ‘n Groot terugslag het Bafana Bafana getref voor hul FIFA Wêreldbeker-wedstryd in die laaste-32, Sondag teen Kanada, nadat FIFA die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se appèl teen Themba Zwane se skorsing van drie wedstryde verwerp het. Die beslissing beteken dat Zwane Sondag se uitklopwedstryd sal misloop. Die hoofafrigter van Bafana, Hugo Broos het die uitspraak as te swaar bestempel en die konsekwentheid van toernooi-skeidsregters bevraagteken. Intussen is middelveldspeler Tebogo Mokoena beskikbaar om vir die span gekies te word nadat hy sy skorsing van een wedstryd uitgedien het.
# En ten slotte, Larry die Kat is weereens die onwaarskynlike simbool van bestendigheid in Britse politiek. Die bekende Downingstraat-muisjagter het nou ses Britse eerste ministers oorleef en maak reg om ‘n sewende te verwelkom. Larry is in 2011 aangeneem nadat rotte rondom Downingstraat gewaar is, maar oor die jare het hy ‘n gunsteling by die publiek geword, wat sy verskynings buite die bekende swart deur van Nommer 10 met aandag volg. Larry, wat amper 20 jaar oud is, toon nog geen tekens van aftrede nie en is een van die bekendste katte ter wêreld.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….