Nuus 09:00
BULLETIN 25 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF vra vir openbare kommentaar op sy Konsep-wysigingswetsontwerp op Verkiesingsaangeleenthede
# Die Withuis vra die Kongres om ‘n bykomende 1,45-duisend-miljard-rand goed te keur
# En sokker: Broos is vol lof vir sy Bafana Bafana-span nadat hulle die uitklopronde haal
# Die EFF vra Suid-Afrikaners om kommentaar te lewer op sy Konsep-wysigingswetsontwerp oor Verkiesingsaangeleenthede. Die wetsontwerp wil outomatiese kieser-registrasie bekendstel om seker te maak jongmense kom outomaties op die kiesersrol wanneer hulle 16 word. Die EFF sê die uitsluiting van miljoene moontlike kiesers, veral jongmense, is een van die grootste struikelblokke vir demokratiese deelname in Suid-Afrika. Hy sê groter deelname aan verkiesings is nodig om ‘n meer verteenwoordigende, aanspreeklike en inklusiewe demokrasie te bou.
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê die bestuurder van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het volle uitvoerende beheer oorgeneem en het met stabilisering van werksaamhede begin. Die hulpskema is verlede maand onder administrasie geplaas weens onbestendige bestuur. Manamela sê die hulpskema sal na raming 1,5-miljoen universiteitstudente en 807-duisend-507 tegniese en beroepsgerigte studente van 76 openbare instansies in die medium termyn teen ‘n beraamde koste van 166,7-miljard-rand ondersteun:
# Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê die provinsiale regering sal met alle rolspelers saamwerk om bykomende befondsing te kry en ʼn gekoördineerde ramp-herstelpoging te ondersteun. Dit volg nadat stormweer die provinsie verlede maand getref en skade van byna nege-miljard-rand veroorsaak het. Die provinsiale regering se woordvoerder, Regan Thaw, sê skadebepaling gaan voort en aanvanklike aanduidings is dat die koste van herstelwerk meer gaan wees as wat die regering tans kan bekostig:
# Die Withuis het die kongres versoek om ʼn bykomende 1,45-duisend-miljard-rand goed te keur, onder meer vir die oorlog teen Iran. Die meeste fondse sal na die Departement van Verdediging gaan vir bedryfskoste om voorrade aan te vul. Die befondsingsversoek wat by die Withuis se kantoor vir bestuur en begroting ingedien is, sluit ook sowat 4,9-miljard-rand in om sekuriteit by Amerikaanse ambassades en diplomatieke buiteposte in die Midde-Ooste en Suid-Asië te verskerp. Ander bykomende fondse sal toegeken word aan boere in Florida en die Ebola-uitbreking in Afrika.
# Sokker: Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, het sy span geloof wat vir die eerste keer in die geskiedenis na die laaste 32 in die Wêreldbekertoernooi deurgedring het. Hy sê dis ‘n wonderlike prestasie. Suid-Afrika het Suid-Korea in Monterrey, Mexiko 1-0 verslaan met Thapelo Maseko se doel in die tweede helfte wat die verskil gemaak het. Bafana Bafana sal Sondag in Los Angeles teen Kanada in die uitklopronde speel. Broos het erken die laaste 20-minute van die wedstryd was uiters spanningsvol:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-54-sent teen die dollar, 18-rand-80-sent teen die euro en 21-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-848-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-987-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-93-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….