Nuus 18:00
BULLETIN 23 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane vra vir strenger parlementêre begrotingstoesig
# Veertig mense in Frankryk verdrink toe hulle wou afkoel tydens die hittegolf in Europa
# En sokker, die veteraan Suid-Afrikaanse afrigter, Pitso Mosimane, vra vir ‘n langtermynvisie vir die spel in Suid-Afrika
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, vra strenger parlementêre toesig oor Suid-Afrika se begroting van 2,67-duisend-miljard-rand. Hy het tydens die debat oor die Begrotingswetsontwerp in die Parlement gesê die wetgewer moet beter toegerus wees met tyd, tegniese kapasiteit en hulpbronne om openbare besteding doeltreffend te ondersoek. Maimane waarsku die begroting is steeds te uitvoerend gedrewe, wat aanspreeklikheid verswak. Hy beklemtoon befondsingsgapings in belangrike instellings soos Statistiek Suid-Afrika en die Nasionale Vervolgingsgesag, en bepleit hervormings om die Parlement se grondwetlike rol te versterk.
# Getuie K het voor die Madlanga-kommissie getuig sy was in ‘n romantiese verhouding met die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metro-polisiedepartement, Julius Mkhwanazi, en sê sy het hom gereeld finansieel ondersteun. Mkhwanazi het sowat twee maande ná die begin van die verhouding geld begin vra en gereeld lenings aangegaan wat hy na bewering nooit terugbetaal het nie. Getuie K sê sy het onder meer sy regskoste en sy kinders se skoolgeld help betaal, totdat haar geld op was:
# Die GOOD-party sê ‘n debat oor ruimtelike ongelykheid het kommer laat ontstaan of ontwikkeling in George in die Wes-Kaap alle gemeenskappe regverdig bereik. Hy voer aan waar mense woon bepaal steeds toegang tot belegging, infrastruktuur en ekonomiese geleenthede. Rosa Louw van die party het gevra of sommige gebiede in breër beplanning ingesluit is. Sy sê hoewel ontwikkelingsraamwerke erken word, word duideliker tydlyne en ‘n meer inklusiewe strategie bepleit:
# Veertig mense het die afgelope paar dae in Frankryk verdrink terwyl hulle probeer afkoel het tydens ‘n rekord-hittegolf in ‘n groot deel van Europa. Versengende hitte heers ook in Brittanje, Italië, Switserland en Spanje met rekordtemperature in sommige streke wat skole en vervoernetwerke ontwrig het. Ernstige hittewaarskuwings is uitgereid vir ‘n groot deel van Frankryk met mense in kanale en riviere spring om af te koel. Meteo France sê die huidige toestande is vergelykbaar met ‘n hittegolf in Augustus 2003. Dit het 16 dae geduur met ‘n geraamde 800-duisend buitengewone sterftes regoor Europa.
# Sokker: Die veteraan Suid-Afrikaanse afrigter Pitso Mosimane vra groter beplanning en belegging in ontwikkeling om die toekoms van die spel te verseker. Hy sê sukses op groot toernooie soos die Wêreldbekertoernooi word gebou deur langtermynbeplanning, gehalte-afrigting en gestruktureerde ontwikkelingsroetes. Mosimane beklemtoon dat Suid-Afrika in jong talent moet belê, beter geleenthede moet skep en ‘n langtermynvisie moet aanvaar as hy hoop om mededingend te bly en toekomstige sterre te produseer.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-50-sent teen die dollar, 18-rand-79-sent teen die euro en 21-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-521-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-138-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 76-dollar-46-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….