Nuus 09:00
BULLETIN 22 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Paul Mashatile se besoek aan China sal voortbou op die SA-China Bi-Nasionale Kommissie
# Minister Cachalia sal die brandpunte van die nasionale optog teen buitelanders besoek
# En minister Steenhuisen sê die oorlog teen bek-en-klouseer duur voort
# Die Presidensie sê adjunkpresident Paul Mashatile se werksbesoek aan China die week wil samewerking op gebiede van gedeelde belange tussen die twee lande bevorder. Hy sal deelneem aan China se vierde Internasionale Voorsieningsketting-ekspo, en ook ‘n bilaterale vergadering met adjunkpresident Han Zheng hou. Die Presidensie sê om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk, sal Mashatile ook met voorste Chinese maatskappye vergader en fokus op infrastruktuurontwikkeling, gevorderde vervaardiging, tegnologiese vernuwing, industrialisering en volhoubare ekonomiese groei.
# Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sal die week besoek aflê by geïdentifiseerde brandpunte waar groter onbestendigheid verwag word as gevolg van die voortslepende protesoptogte. Die March and March-beweging, saam met ander organisasies, organiseer voortdurende protesoptogte teen buitelandse burgers en eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen 30 Junie moet verlaat. Die departement se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê geen dade van wetteloosheid sal geduld word nie:
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die stryd teen bek-en-klouseer gaan voort met die aankoms van ʼn nuwe besending entstowwe en vinniger inentings in provinsies. Nog ʼn besending van twee-miljoen Dollvet-entstofdosisse het gister op OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom. Steenhuisen sê die Landbounavorsingsraad het vroeër die maand 20-duisend dosisse gebottel en die proses om nog 20-duisend te bottel sal voor die einde van die maand begin. Hy sê volgehoue voorsiening is belangrik:
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die provinsie se program vir verkeerswagte sal vervang word met ‘n hibriede-veelstroommodel wat wetgewende vereistes, nasionale opleidingstandaarde en langtermyn operasionele behoeftes sal belyn. Die beplande model sal ‘n enkele verkeerseenheid vir die provinsie vestig wat verkeersbeamptes, verkeerswagte en veiligheidsbeamptes sal integreer. Lesufi sê die program sal die beskerming van provinsiale infrastruktuur en grond in regeringsbesit versterk deur middel van toegewyde sekuriteit en snelreaksiefunksies:
# Sokker: Spanje het herstel na die gelykopuitslag teen Kaap Verde in hul Wêreldbeker-openingswedstryd en Saoedi-Arabië met 4-0 in Atlanta verpletter. Die 18-jarige Lamine Yamal het ‘n doel vir die Europese kampioene aangeteken, met nog twee deur Mikel Oyarzabal, en ‘n doel deur Hassan Al Tambakti. België en Iran het in Los Angeles gelykop gespeel in ‘n wedstryd sonder enige doele. Kaap Verde het in Miami nog ‘n Wêreldbeker-punt aangeteken ná ‘n gelykopuitslag van 2-elk teen die tweemalige wenners Uruguay. Egipte het Nieu-Seeland met 3-1 in Vancouver verslaan en daarmee hul eerste Wêreldbeker-oorwinning ooit beklink.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-82-sent teen die euro en 21-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-870-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-176-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….