Nuus 08:00
BULLETIN 12 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Reserwebank sê Suid-Afrika se finansiële stelsel bly bestendig
# Die Nasionale Vergadering keur die Wysigingswetsontwerp op Verdediging goed
# En Donald Trump beweer die VSA en Iran het ‘n ‘wonderlike skikking’ bereik
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die land se finansiële stelsel bly oor die algemeen veerkragtig, ten spyte van meer uitdagende finansiële toestande en monetêre beleid weens die oorlog in die Midde-Ooste. Die Reserwebank se jongste halfjaarlikse verslag oor finansiële stabiliteit sê die land is meer blootgestel aan wisselvallige kapitaalvloei omdat buitelandse beleggers plaaslike bates verkoop om veilige belegging-bestemmings te soek. Die bank se president, Lesetja Kganyago, sê die olieprys-skok sal na verwagting steeds druk plaas op inflasie:
# Die Nasionale Vergadering het die Wysigingswetsontwerp op Verdediging goedgekeur wat die Verdedigingswet van 2002 wysig sodat dit in ooreenstemming met die uitspraak van die Konstitusionele Hof kan wees. Die hof het bevind dele van die Verdedigingswet is nie grondwetlik nie, in so ‘n mate dat hulle lede van die uitvoerende bestuur die reg het om ondersoekrade saam te stel om militêre regters en die inhoud van hul regsbesluite te ondersoek. Daar is bevind sulke magte ondermyn die skeiding van mag en bedreig regterlike onafhanklikheid. Die wetsontwerp sal nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word vir instemming.
# ‘n Koalisie van gemeenskapgroepe, insluitend OUTA, sakekamers en inwonersverenigings, het regsdokumente ingedien wat bewyse eis van ‘n ooreenkoms tussen die Stad Johannesburg en Eskom. Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, en die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het twee weke gelede ‘n vennootskap tussen City Power en Eskom aangekondig wat die ligte sal aanhou terwyl die metro 5,2-miljard-rand skuld. OUTA sê betalende inwoners en ondernemings behoort nie gestraf te word vir bestuur- en finansiële mislukkings by die metro en City Power nie.
# President Donald Trump beweer die Verenigde State het ‘n ooreenkoms met Iran bereik om die oorlog te beëindig, maar Teheran het dit nog nie bevestig nie. Hy het in die verlede soortgelyke bewerings gemaak. Ten spyte van ʼn skietstilstandooreenkoms in April, het Amerika en Iran steeds op mekaar geskiet. Hierdie week alleen was daar twee sulke voorvalle. Hy het aan verslaggewers in die Withuis gesê die twee kante het ingestem tot ʼn baie sterk memorandum van verstandhouding om die gevegte te staak:
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Haydn Porteous het ʼn openingsrondte van vyf-onder-baansyfer 67 behaal op die eerste dag van die Mopani Zambië Ope by die Nkana-gholfklub. Verlede jaar se Sonskyntoer se Terugkeer-speler van die Jaar is een hou voor Martin Leon van Chili. Rigardt Albertse van Suid-Afrika en Pierre Viallaneix van Frankryk het geopen met rondtes van drie-onder-baansyfer 69 en is gesamentlik derde. Die verdedigende kampioen, Samuel Simpson van Suid-Afrika, staan op drie-oor-baansyfer 75.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-29-sent teen die dollar, 18-rand-84-sent teen die euro en 21-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-318-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-198-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 88-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….