Nuus 18:00
BULLETIN 10 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SAKP verwelkom prsident Ramaphosa se strenger standpunt oor onwettige immigrasie
# Anglo American beklemtoon junior mynwerkers is die sleutel tot toekomstige groei
# En, Afrikastate word aangespoor om gunstige toestande vir mynboubeleggers te skep
# Die SAKP verwelkom president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie, wat erkenning gee aan openbare kommer oor werkloosheid, grensbeheer, veiligheid en druk op dienste. Die party veroordeel xenofobie en die uitbuiting van ongedokumenteerde werkers. SAKP se woordvoerder, Mbulelo Mandlana sê die party glo immigrasiewette moet deur die staat afgedwing word en nie deur groepe wat eiereg toepas nie. Hy sê migrasie is nie die oorsaak van Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings nie. Mandlana voeg by die dieper oorsake lê in werkloosheid, ongelykheid en korrupsie.
# Anglo American sê ‘n sterk junior mynbousektor is uiters belangrik vir die toekomstige groei van mynbou, hervorming en werkskepping. Die senior visepresident vir Korporatiewe Sake, Nevashnee Naicker, het tydens die Junior Indaba in Johannesburg gesê junior mynwerkers help om ekonomiese geleenthede te ontsluit, en beleidsekerheid en doeltreffende lisensiëring is nodig om beleggings te lok. Sy het Anglo American se verbintenis herbevestig om 600-miljoen-rand te belê in die Junior Mynverkenningsfonds:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die energie-reguleerder NERSA se besluit verwerp om Eskom toestemming te gee vir die uitbreiding van sy kragtoevoer-netwerk om dele van die Mooikloof-megastad-ontwikkeling in Tshwane in te sluit. Die hogf het bevind die besluit van 2023 was ongeldig.. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die uitspraak verhoed ‘n groot verlies aan inkomste wat tot 125-miljoen-rand per maand sou kon wees indien die ontwikkeling in bedryf was:
# Die mynbou-optimis van Resources for Africa, Bernard Swanepoel, het Afrika-regerings versoek om gunstige beleggings-, verkenning- en mynbou-ontwikkelingstoestande te skep. Hy het op die Junior Mynbou-indaba in Johannesburg gesê junior mynwerkers is verantwoordelik vir ontdekkings wat toekomstige myne word. Hy waarsku verkenningskapitaal is uiters vloeibaar en daarom moet Suid-Afrika sy mededingendheid verbeter om beleggers te lok. Swanepoel vra deursigtige regulering en doeltreffende lisensiëringstelsels om groei te bevorder:
# Sokker: Die bekroonde FIFA-gelyste Somaliese skeidsregter Omar Artan het ‘n warm verwelkoming in Mogadisjoe ontvang nadat hy toegang tot die VSA geweier is. Hy sou as skeidsregter by die FIFA Klubwêreldbeker optree. Somalië se Ministerie van Jeug en Sport het die besluit veroordeel en gesê dit ondermyn billikheid ten spyte van diplomatieke pogings. Artan, wat ‘n geldige visum gehad het, is by Miami Internasionale Lughawe aangehou en as ontoelaatbaar verklaar omdat Somalië deur Amerikaanse reisbeperkings geraak word. Hy was gereed om die eerste Somaliese skeidsregter te word wat by ‘n FIFA Wêreldbeker sou optree.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-083-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-174-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 92-dollar-5-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….