Nuus 07:00
BULLETIN 1 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê Jacob Zuma se bewerings van vooroordeel is onaanvaarbaar en ondemokraties
# Rise Mzansi vra etiese en sorgsame leierskap te midde van die komende verkiesing
# En, Amnestie Internasionaal sê die besluit om befondsing te staak aan die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap is onmenslik
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy verwerp oudpresident Jacob Zuma se bewerings dat hy partydig is vir die ANC. Zuma het die kommissie vroeër beskuldig dat hy die ANC begunstig en dat sommige OVK-amptenare omgekoop kan word om die kommissie se stelsel te omseil. Janet Love van die kommissie het politieke partye aangemoedig om saam met hulle te werk om vrye en regverdige verkiesings te verseker:
Rise Mzansi het intussen ‘n beroep gedoen vir etiese en sorgsame leierskap tydens die komende verkiesing. Die party moedig alle kwalifiserende burgers, veral die jeug, aan om te registreer en hul besonderhede op datum te kry tydens die Onafhanklike Verkiesingskommissie se finale registrasienaweek. Die party se vrywilligers sal aktief betrokke wees by bedrywighede regoor die land om die proses te vergemaklik. Rise Mzansi se hooforganiseerder, Makashule Gana, moedig burgers wat oor die naweek weg is aan om die OVK se aanlyn kiesersportaal te gebruik:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die inhegtenisneming van ‘n man in verband met die moord op ʼn 12-jarige meisie verwelkom. Die graad sewe-leerder is dood toe sy in strydende bendes se kruisvuur beland het terwyl sy buite die Ieglaasi Nieyah Primary School in Mitchells Plain op skoolvervoer gewag het. Die verdagte verskyn môre in die Mitchells Plain-landdroshof. Allen sê die verdagte moet nou met die volle mag van die reg te doen kry:
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê hy hoop die SAPD-leierskap sal vinnig met prosesse begin om ʼn ervare leier te werf om voortaan die skip in Gauteng te stuur. Dit volg na die aftrede van die provinsie se polisiekommissaris, Elias Mawela, wie se vyfjaartermyn gister verstryk het. Die komitee se voorsitter, Nocks Seabi, sê meer mense met die eienskappe wat Mawela getoon het is in die polisiediens nodig as die land die stryd teen misdaad wil wen.
# Amnestie Internasionaal sê dis skokkend en onmenslik dat verskeie skenkerlande befondsing aan die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap in Gaza gestaak het. Minstens elf lande het hulle bydraes tydelik opgeskort ná bewerings dat 12 van die agentskap se personeellede betrokke was by Hamas se dodelike aanval op Israel verlede jaar. Amnestie Internasionaal sê in plaas daarvan om noodsaaklike befondsing aan behoeftiges te staak, moet lande eerder die oordrag van wapens aan Israel en gewapende Palestyne groepe staak en aandring op ʼn onmiddellike en volgehoue skietstaking.
# Motorsport: Formule Een het die Andretti-span se aansoek verwerp om in 2025 of 2026 by die sport aan te sluit. Die aansoek wat deur die voormalige McLaren-renjaer Michael Andretti en sy pa Mario, die 1978-wêreldkampioen, gebring is, is deur die beheerliggaam FIA goedgekeur. Die sport se handelsreg-houer, F1, sê egter hulle assessering het vasgestel die deelname van ʼn elfde span op die baan sal op sy eie nie waarde tot die Kampioenskap toevoeg nie. Die liggaam laat wel die deur oop vir toelating in 2028.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-54-dollar-79-sent. Die prys van goud is twee-duisend-46-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….