Skip to content

Zverev-geleide Duitsland klop Swiatek se Poolse span om United Cup te wen

# Tennis: Alexander Zverev het twee wedstrydpunte gered in ʼn uitmergelende  driestel-oorwinning oor Hubert Hurkacz om Duitsland Sondag te help om teen die verwagting in Pole te wen en hulle eerste United Cup-titel in Sydney in te palm. Die wêreld-nommer-sewe het ʼn oorwinning van 6-7, 7-6 en 6-4 behaal, en topgekeurde Iga Swiatek het met 6-3 en 6-0 met Angelique Kerber afgereken. Zverev en sy dubbelspelmaat Laura Siegemund het met ‘n dubbelspel-oorwinning van 6-4, 5-7 en 10-4-oor Swiatek en Hurkacz, seker gemaak die titel gaan Duitsland toe. Swiatek is op haar beste en skop die Australiese Ope af met 16 agtereenvolgende oorwinnings.