# Die Jacob Zuma-stigting sê oudpresident Jacob Zuma se appèlverhoor by die ANC se Nasionale Dissiplinêre Appèlkomitee is vir môre geskeduleer. Die ANC het Zuma geskors omdat hy die MK Party lei. Die appèl sal aanlyn gehou word, al wou Zuma dit nie so gehad het nie. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Zuma se verteenwoordiger, Tony Yengeni, beplan om ‘n openbare verhoor te versoek en om eers net aandag te gee aan ‘n paar ander voorlopige kwessies.
Zuma se ANC-dissiplinêre appèlverhoor vind môre plaas, maar hy is ontevrede