# Oudpresident Jacob Zuma gaan glo ‘n interdik aanvra teen die ANC-tugverhoor teen hom. Hy word daarvan aangekla dat hy ANC-reëls oortree het, insluitend die party se grondwet. Dit gaan oor Zuma se besluit om die MK-party te ondersteun en te verteenwoordig in die algemene verkiesing in Mei. Hy het ook sy lidmaatskapseed verbreek toe hy nie stemme vir die ANC wou werf nie. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die interne tugverhoor sal vandag voortgaan soos beplan.
Zuma gaan glo ‘n interdik aanvra teen die ANC-tugverhoor