Skip to content

Zelensky sê Oekraïne moet alles in sy vermoë doen om oorlog volgende jaar te beëindig

# President Volodimir Zelensky sê Oekraïne moet alles in sy vermoë doen om te verseker dat die oorlog met Rusland volgende jaar deur diplomasie beëindig word. In ‘n radio-onderhoud in Oekraïne wat die naweek uitgesaai is, het Zelensky bygevoeg die Russiese president Vladimir Putin stel egter nie belang om in te stem oor ‘n vredesooreenkoms nie, en dit is gerieflik vir Moskou om te sit en praat terwyl hulle aanhou veg. Zelensky sê die oorlog sal waarskynlik gouer ‘n einde kry onder die Amerikaanse verkose president Trump, wat dikwels tydens sy veldtog gesê het hy sal die konflik vinnig beëindig.