Skip to content

Xero Beautiful Business Fund ken R8-miljoen toe aan globale projekte sonder winsbejag en klein ondernemings

# Die Xero Beautiful Business Fund het agt-miljoen-rand aan 28 wêreldwye nie-winsgewende organisasies en klein ondernemings toegeken, wat hul visie van volhoubaarheid, gemeenskaps-aansluiting, tegnologiese innovering en toekomstige vaardighede ondersteun. Die fonds se bestuurder in die land, Colin Timmis, het aangekondig vier Suid-Afrikaanse ontvangers, insluitend die Constantia Kosklub, Oranjezicht-stadsplaasmark, My-grow en Curate, elk 250-duisend-rand sal ontvang. Timmis het beklemtoon hierdie fondse sal ‘n deurslaggewende rol speel om klein ondernemings en organisasies te help om hul volgende fase van groei te ontsluit.