Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

WWF SA gaan rolprent in die buitelug vertoon in Kirstenbosch as deel van Aarde-Uur

# Die Wêreldnatuurfonds in Suid-Afrika, die WWF, gaan ter viering van Aarde-Uur Saterdag, ‘n buitelug-rolprentteater in die Kirstenbosch se nasionale botaniese tuin inrig. Die klassieke tekenprent, Wall-E, sal vertoon word. Aarde-Uur wat in 2007 in Sidney van stapel gestuur is, is nou die wêreld se grootste omgewingsveldtog op voetsoolvlak wat die kollig op kwessies van klimaatsverandering plaas. Pedzi Gozo van die WWF SA, sê die sukses van Aarde-Uur was nog altyd sy vermoë om individue aan te spoor en te ondersteun om op te tree en voorstanders van verandering te wees.