# Die Walter Sisulu-universiteit het die WSU NO!-studente hongersnoodveldtog van stapel gestuur om voedselonsekerheid onder studente te takel. Talle studente wat finansieel sukkel en nie gedek word deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente nie, ondervind aansienlike ontberings wat hul welstand en akademiese sukses beïnvloed. Die veldtog het ten doel om ‘n bykomende 2,2 miljoen-rand in te samel, wat die huidige 800-duisend wat reeds beskikbaar is, aan te vul. WSU sê die geld sal gebruik word om kospakkies aan meer as drieduisend studente in nood te verskaf.
WSU stuur veldtog van stapel om voedselonsekerheid onder studente uit te skakel