# Die 20ste verkoping van die 2021/22 wolseisoen het in Gqeberha in die Oos-Kaap plaasgevind met ‘n totaal van tien-duisend-139 bale wat aangebied is. ‘n Woordvoerder sê die wolmark het die verliese van die vorige veiling uitgewis en opgeskiet met 7,7-persent in randwaarde vanaf die vorige verkoping. Dit het gesluit op 182-rand-per-kilogram, met die algehele verkope op 93,8-persent. Die volgende veiling is geskeduleer vir Woensdag, wanneer ongeveer nege-duisend-359 bale te koop sal wees.