# Die Wetenskap- en Nywerheidsnavorsingsraad het ‘n plastiek ontwikkel wat in kompos omskep kan word of bio-afbreekbaar is. Dit is om die plastiekbedryf om sy kweekhuisgas-uitlatings te verminder en om die bio-gebaseerde bedrywe te help. Doktor May John van die WNNR sê die doel is om enkelgebruikplastiekprodukte wat nie herwin kan word of hergebruik word nie, of wat besmet is, met alternatiewe te vervang wat bio-afbreekbaar is of wat in kompos omskep kan word. John sê die grootste voordeel van plantgebaseerde plastiek is dat dit die koolstofvoetspoor verminder en dat dit herwin kan word.
WNNR ontwikkel bio-afbreekbare plastiek om kweekhuisgas-uitlatings te verminder