Skip to content

WNNR bevestig jongste El Niño is van die kragtigste op rekord

# Die WNNR sê die El Niño-verskynsel van 2023/2024 is een van die vyf kragtigstes wat nog aangeteken is. Die El Niño-verskynsel veroorsaak bogemiddelde temperature en ondergemiddelde reënval van November tot April. Die raad sê in Suid-Afrika is die gevolge van El Niño veral sigbaar in damvlakke wat aan die einde van dié seisoen gemiddeld ses-persent laer was as aan die einde van die somerreënvalseisoen verlede jaar. El Niño het ook tot laer mielie- en sojaboonproduksie gelei.