# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sal vandag die toppresteerders in die 2021 matriekeksamen vereer by ‘n prysuitdeling by die premier se landgoed, Leeuwenhof, in Kaapstad. Die LUR vir Onderwys, Debbie Schäfer, sê die geleentheid is gereël om die uitstaande prestasie van skole en kandidate te vier. Sy was vroeër verheug toe die provinsie se slaagsyfer sedert 2020 met 1,3-persent gestyg het. Die geleentheid word vanaf vanoggend tienuur regstreeks uitgesaai.