# Die Universiteit van die Witwatersrand se Kunsskool-studente in die Rolprent- en TV-departement gaan voordeel trek uit ‘n Netflix Creative Equity-toekenning. Dit sal gebruik word om skeppende digitale infrastruktuur in die departement te skep en sal aan studente moderne toerusting verskaf vir hulle studies en skeppende werk. Allison Triegaardt van Netflix sê hulle belê nie net in die uitbreiding van plaaslike rolprente en reekse nie, maar hulle wil ook steeds in programme belê om gelyke toegang tot opleiding vir die toekomstige geslag van storievertellers te bied.
Wits werk saam met Netflix om die volgende geslag van storievertellers te steun