Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Wits Universiteitsfonds gaan studente bystaan wat finansieel uitgesluit is

# Die Universiteit van die Witwatersrand het ongeveer 30-miljoen-rand bewillig om behoeftige studente te help om vir vanjaar se akademiese jaar te registreer. Die fonds poog om kwalifiserende studente wat die instelling meer as tien-duisend-rand skuld, by te staan om hul plek te verseker. Hierdie projek volg omdat duisende voorgraadse studente worstel met inskrywings-uitdagings weens uitstaande fooie. Wits se woordvoerder, Shirona Patel, sê van die een-duisend-en-37 aansoeke wat ontvang is, is sowat 700 goedgekeur. Die universiteit het ook ‘n ander fonds begin om skenkers in aanraking te bring met studente wat befondsing benodig.