# Die Withuis het Noord-Korea veroordeel nadat hy ʼn langafstand- ballistiese missiel afgevuur het en sê dis ʼn blatante skending van talle resolusies van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Noord-Korea het gisteroggend ʼn nuwe tussenkontinentale ballistiese missiel, Hwasong-19, getoets. Die toets volg nadat Noord-Korea blykbaar sy kernproduksie-pogings verskerp en bande met Rusland versterk het. Dit veroorsaak wydverspreide kommer in die Weste. Die Nasionale Sekerheidsraad se woordvoerder, Sean Savett, sê die afvuur van die missiel skep onnodige spanning in die streek.
Withuis veroordeel Noord-Korea se jongste langafstand-missieltoets