# Die Withuis se nasionale sekerheidsraadgewer, Mike Waltz, sê Oekraïne moet sy kritiek teen die VSA inperk en beklemtoon dat die twee lande hul verskille kan versoen. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het sy Amerikaanse eweknie Donald Trump beskuldig dat hy in ‘n disinformasieruimte leef wat deur Rusland geskep is. In reaksie het Trump Zelensky ‘n diktator genoem. Waltz sê Oekraïne word nie opsygeskuif in die vredesonderhandelinge met Rusland nie. Hy sê hulle is besig met pendel-diplomasie omdat dit in die verlede nie gewerk het om almal gelyktydig na die tafel te bring nie.
Withuis-sekerheidsraadgewer versoek Oekraïne om sy kritiek teen VSA in toom te hou