# Universal se fliek Wicked is na sy debuutnaweek boaan die globale loket en het 29-miljard-rand laat instroom. Dit is die grootste opening vir ‘n rolprent gebaseer op ‘n Broadway-toneelstuk sedert Les Miserables in 2012, en die vyfde-grootste van alle tye vir enige blyspel. Die musiekblyspel Wicked, gebaseer op ‘n boek wat die agtergrondstorie vertel van die Wicked Witch of the West, spog met die sterre Ariana Grande en Cynthia Erivo. Gladiator Two, met Paul Mescal, Pedro Pascal en Denzel Washington in die hoofrolle, het wêreldwyd meer as drie-miljard-rand ingeoes sedert sy debuut verlede naweek.
Wicked oorheers die globale loket op sy debuutnaweek