# WhatsApp het nuwe oproepkenmerke vir rekenaars en selfone bekendgestel wat dit makliker as ooit tevore sal maak om met familie en vriende in verbinding te wees. Meer as twee-miljard oproepe word daagliks met die toepassing gemaak. Die nuwe kenmerke laat gebruikers toe om spesifieke deelnemers vir ‘n groepklets te kies, asook prettige nuwe effekte vir video-oproepe, insluitend hondjie-ore, onderwater of ‘n karaoke-mikrofoon. Oproepkenmerke is verbeter vir sowel rekenaars as selfone en oproepe is nou meer betroubaar, met ‘n hoër resolusie videogehalte.
WhatsApp voeg nuwe kenmerke by oproepe voor feestyd