# Die Wêreldgesondheidsorganisasie het a-pokke tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale kommer verklaar. Dit is die hoogste waarskuwingsvlak onder internasionale gesondheidswetgewing. Dit volg nadat die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming Dinsdag die virusinfeksie tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand op die vasteland verklaar het. Meer as 14-duisend gevalle en 524 sterftes is vanjaar aangeteken. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle is regstreeks betrokke by lande waar die virus voorkom:
WGO verklaar a-pokke tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale kommer [KLANK]
ENG GhebreyesusOnSupport