# Wetenskaplikes het piepklein VR-brilletjies vir muise ontwerp sodat hulle diere se optrede in ‘n virtuele realiteitsomgewing beter kan studeer. Navorsers aan die Cornell Universiteit het die MouseGoggles ontwerp deur goedkoop elemente soos slimhorlosieskerms en klein lensies te gebruik. Hulle het daarna die kopstukke vir die muise opgesit en waargeneem hoe hulle op verskillende sensoriese inligting reageer. Volgens die universiteit kan hierdie toestel toon hoe die brein reageer op ruimtelike navigasie en geheue, wat wetenskaplikes sal help om siektes soos Alzheimer’s en die moontlike behandeling daarvan te verstaan.
Wetenskaplikes ontwerp piepklein virtuele realiteit-brille vir muise