Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Wes-Kaapse premier lei vergadering oor energie-veerkragtigheid te midde van klimaatsuitdagings

# Die premier van die Wes-Kaap Alan Winde het ‘n sitting gelei van sy regering se Energieraad, met die fokus op die versterking van die provinsie se energieveerkragtigheid in die lig van klimaatsverwante uitdagings. Die raad hou toesig oor die Energie-veerkragtigheidprogram en wil teen 2035 vyf-duisend-700-megawatt deur privaat sektor beleggings by die netwerk voeg. Winde sê Eskom moet die teenwerk van klimaatsverandering voorop stel om inwoners te beskerm teen uitgerekte kragonderbrekings. Die besprekings het ook die vordering gedek met die werk aan die Koeberg-kernkragaanleg om sy lewensduur te verleng.