# Die besturende direkteur van Tru-Cape Fruit Marketing, Roelf Pienaar, sê hulle verwelkom die nuus dat China pere uit Suid-Afrika wil invoer. Hy sê hulle is versigtig-optimisties oor die positiewe uitwerking wat die bykomende uitvoere na China op hul produsente sal hê. Hy sê dit volg op goeie groei in appel-uitvoere na dié land. Hy verwag dat pere ‘n soortgelyke trajek sal volg, maar binne ‘n korter bestek. Die maatskappy word ten volle besit deur die produsente van Two-a-Day in Grabouw en van Ceres Fruit Growers.