# ‘n Vrou van Dysselsdorp in die Suid-Kaap is skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat sy haar agtjarige seun pakgegee en hom op sy oog geslaan het. Die Landdroshof in Oudtshoorn het Amanda Stuurman onder huisarres geplaas en die kind is tans in pleegsorg. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die ma het getuig sy het die kind geslaan omdat hy 20-rand verloor het op pad winkel toe.