Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Wes-Kaapse LUR veroordeel dodelike aanval in Nyanga [KLANK]

# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het ‘n aanval gisteraand in Nyanga sterk veroordeel.  Vier mans in hul twintigs is doodgeskiet en vier ander beseer.  Die polisie ondersoek die voorval waarin onbekende gewapende mans by ‘n woning in Mazizini, Browns Farm in Nyanga op die slagoffers losgebrand het. Drie is op die toneel dood met nog een wat in die hospitaal weens sy beserings beswyk het. Allen doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom en te help om die oortreders vas te trek:

AFR AllenOnAttacks