# Die Wes-Kaapse Departement van Kulturele Sake en Sport sê daar is ‘n voortgesette behoefte aan vakansieprogramme en die departement sal voortgaan om vennootskappe te bou om te verseker sulke programme is beskikbaar. Die LUR, Anroux Marais, sê ‘n nuwe Kersvakansie-program wat oor die afgelope feesseisoen aangebied is, was ‘n reuse sukses. Die provinsiale tesourie het die program finansieel ondersteun met 15-miljoen-rand. Die departement het beoog om sewe-duisend-747 leerders te betrek. Die program het uiteindelik 38-duisend-127 leerders ondersteun met veilige, prettige en opvoedkundige bedrywighede, asook ‘n voedsame maaltyd elke dag.