# Die Wes-Kaapse LUR vir Vervoer, Daylinn Mitchell, sê sekere padgebruikers is meer kwesbaar as ander en moet in ag geneem word. Dit volg nadat ‘n motorfietsryer en 14 voetgangers deel was van die 34 sterftes wat vanaf 31 Januarie tot 6 Februarie op Wes-Kaapse paaie aangeteken is. Hy sê tydens hul veldtog #ShareTheRoad sal die fokus wees op kinders, gestremdes en ouer padgebruikers wat meer kwesbaar as ander voetgangers is. Hy sê die pad behoort aan almal, nie net aan vragmotors, motors, busse en minibusse nie.