# Die Wes-Kaapse LUR van Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het die nasionale regering se verbintenis tot ruimtelike transformasie, innovasie en vennootskappe vir menslike nedersettings verwelkom. Hy het Woensdag tydens die begrotingsdebat van die Departement van Menslike Nedersettings in die Nasionale Raad van Provinsies gepraat. Simmers het beklemtoon behuising is nie net ‘n maatskaplike bate nie; dit is ook ‘n katalisator vir werksgeleenthede, belegging en integrasie. Hy sê die Nasionale Tesourie moet die manier waarop menslike nedersettings in provinsies befonds word, hersien.
Wes-Kaapse Infrastruktuur LUR sê behuising is ‘n katalisator vir werksgeleenthede en belegging