# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid sê hulle inentingsprojekkantoor is dank verskuldig aan sy vennote en die miljoene inwoners wat die provinsie se inentingspogings steun. ‘n Woordvoerder, Juanita Arendse, sê elke een van die 4,5-miljoen inentingsdosisse wat toegedien is het talle lewens gered en die gesondheidstelsel beskerm. Sy sê as ‘n provinsie sal hulle aanhou werk om te verseker 85-persent van mense 50-jaar en ouer is ten volle ingeënt, en dat 65-persent van diegene tussen 18 en 49 ten minste een dosis kry.